Hardloop met volharding

Ismiese Spele2808

Ismiese Spele2808In Griekeland is daar ‘n plek waar die Ismiese Spele, ‘n voorganger van die Olimpiese Spele, gehou is. Dis skrywer van hierdie brief het miskien die plek in gedagte gehad toe hy geskryf het, ‘…kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag… Kom ons hardloop met volharding…'(Hebreërs 12:1 NLV). Atlete is soos helde daar vereer.

Hulle het met gewigte aan hulle bene geoefen om hulle spiere sterk te maak. Op die dag van die wedloop het hulle egter alles wat onnodig was, afgestroop. Daar is ‘n les hierin opgesluit. Ons dink dat dit waaraan ons so klou noodsaaklik is, anders sou ons dit makliker kon laat staan het. Die Christelike lewe is ‘n wedren wat die dag as jy Christus aanvaar, begin, en eindig slegs wanneer jy Hom van aangesig tot aangesig ontmoet. Ten einde die streep as wenner oor te steek, moet jy die volgende afstroop:

1) Enigiets wat jou spoed vertraag. Dit is enigiets wat jou geestelike groei rem. Iets mag miskien inherent nie verkeerd wees nie, maar wanneer dit vir jou ‘n ‘las’ word, verhoed dit jou om ten volle vir God te leef.

2) Enigiets wat jou voor die wenstreep laat struikel. Jy moet voortdurend die vlak van jou toewyding aan Christus meet, asook die groei van jou geloof, jou gesinslewe, jou verhoudinge, jou integriteit, jou werketiek, jou gedagtewêreld en jou gewoontes. Besluit om slegs op die prys van die wenner te fokus.

Griekse atlete het toentertyd ‘n lourierkrans ontvang wat mettertyd verlep het, maar jy sal, ‘…deel kry aan sy heerlikheid wat nooit vergaan nie.’ (1 Petrus 5:4 NLV). Dit maak die wedren die moeite werd!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top