
Dit word beweer dat Arizona die grootse kriogeniese fasiliteite ter wêreld besit. Teen ‘n stywe fooi kan jou are gevul word met ‘n stollingsteenmiddel, jou liggaam gevries word in vloeibare stikstof teen minus 160ºC sodat jy later weer bygebring kan word. Op daardie tydstip mag die mediese tegnologie stellig in staat wees om jou te genees. Of, as jy nie van die koue hou nie, bied nog ‘n maatskappy ‘n ander oplossing. Teen ‘n minimale fooi word jou DNA in ‘n houertjie gestoor vir die volgende 10 000 jaar sodat jy later gekloon kan word. Hulle bied ook ‘n 10 000 jaar waarborg, hoewel dit moeilik is om te weet wie die geld sal terugeis sou dinge nie uitwerk nie. John Ortberg skryf, “Ons probeer die dood uitoorlê op subtiele maniere: gesondheidsklubs, velrome, chirurgie, nuwe diëte warmer klimate, beter medikasie, slimmer dokters en vele meer. Miskien sal die wetenskap ons help om vir ewig te lewe.”
Wees verheug, want Jesus het die dood oorwin en Sy wederopstanding verseker joune: “…het Hy Sy liefde aan ons betoon wat op ons wedergeboorte uitgeloop het… hierdie erfposie kan nie tot niet gaan nie” (1 Pet 1:4-4 NLV).
www.radiokansel.co.za



