
Paulus sê: “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.”(Romeine 12:2 NV). As dit by geld kom, moet jy God vra om jou die regte begeertes te gee.
Robert Orben het gesê: “Ek lees elke oggend die Forbes-tydskrif se lys van die rykste mense in die wêreld en as my naam nie daarop is nie, staan ek op en gaan werk!” Die Bybel sê: “Moenie… klein dingetjies gering ag nie…”(Sagaria 4:10 NV). Groot dinge is die kulminasie van klein dingetjies. Gee God ‘n tiende van jou inkomste, spaar tien persent en lewe van die res (Spreuke 3:9).
Soos jou inkomste groei, moet jy 50 persent van die verhoging in ‘n ‘finansiëlevryheidrekening’ belê. Sodra jy ophou om elke sent wat jy verdien, te spandeer, gebeur daar ‘n interessante ding. Die feit dat jy jouself dissiplineer om selfs net klein bedraggies te spaar, sal jou finansieel, geestelik en emosioneel bemagtig. Benewens die feit dat dit jou help om finansiële vryheid te bereik, verryk selfbeheersing elke aspek van jou lewe.
Bron : Radiokansel


