ImageWanneer jy vra vir bewyse voordat jy iets sal glo, kan dit jou daarvan weerhou om dit te ontvang wat God vir jou wil gee. Tomas het gesien hoe Jesus gesterf het. Dit is baie moeilik om so iets verkeerd te bewys. Dus het Tomas besluit om net te glo wat hy kon sien en bevestig.

Wanneer ‘n mens se geloof geskud word, is ons geneig om vas te hou aan dit wat prakties, absoluut en tasbaar is. Toe Jesus goedgunstig aan hom die bewyse gegee het wat hy benodig het, het Hy gesê: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.” Die feit bly staan: As Tomas nie toegelaat was om Jesus te sien en aan te raak nie, sou dit niks verander het aan die opstanding nie. Tomas se probleem was nie ‘n tekort aan geloof nie, maar geloof in die verkeerde rigting. Hy het slegs dit vertrou wat hy op ‘n menslike vlak kon begryp.

Klink dit bekend? Daarteenoor, toe Maria Magdalena vir Jesus by die graf ontmoet het, het Hy vir haar gesê: “Moet My nie vashou nie . gaan na my broers toe en vertel hulle,” (Joh. 20:17 NLV). Maria het eenmaal Jesus se voete met haar trane gewas en dit met haar hare afgedroog – aanraking was vir haar belangrik. Om Jesus op daardie oomblik te kon aanraak, sou alles bevestig wat sy gesien en gehoor het. Die keer het Jesus haar gevra om sy Woord te vertrou en nie sy vlees nie – om gewillig te wees om te getuig sonder aanraking.

Soms voel ons die “aanraking van God” wat ons kalmeer, krag gee en verseker dat Hy steeds in beheer is. Die waarheid is dat sy “aanraking” ons menigmaal daarvan weerhou het om op te gee of van ons kop af te gaan. Maar somtyds vra Hy ons om Hom te vertou sonder die kruk van ons sintuie. Dit is geloof op die hoogste vlak.

© Kopiereg 2007 Radiokansel www.radiokansel.co.za

Scroll to Top