“Ek het toe na die werkplek van die pottebakker gegaan en hom gekry waar hy besig was om op die pottebakkerswiel te werk. Maar die pot waarmee hy besig was, was nie ‘n sukses nie. Hy het toe die klei inmekaargedruk en weer begin om ‘n nuwe pot te vorm soos hy dit wou hê.” (Jer 18:3-4) As jy wonder: “Hoekom gebeur dit met my?”, is die antwoord dat jy “in die hande van die Pottebakker” is. Dit help om dit te weet – veral wanneer dit voel asof alles in jou lewe in die rondte draai. Kyk dan onder die draaitafel om te sien wie se voet op die wiel is. As die vyand in beheer was, sou hy jou lankal van die wiel afgegooi het. Maar hy kan nie, want die Pottebakker is in beheer. Hy hou jou elke beweging dop. Hy is nie geïntimideer deur die klei nie, ongeag waar Hy dit gekry het of hoe misvorm dit is. Hy is vasbeslote om daaraan te werk totdat dit word soos Hy dit wil hê. “Aan almal wat Hom egter aanvaar het, dié wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh 1:12) Die stryd gaan oor wat jy besig is om te word. God ken jou potensiaal om “‘n kosbare item, ‘n spesiale besitting” (1 Tim 2:21 NLV) te word.
Hoewel die pot nie ‘n sukses was nie, was dit steeds in die pottebakker se hand. Of jy nou uit die modder gelig word, of op die wiel oorgemaak word, jy bly in God se hand!
Kopiereg 2009 Radiokansel