Jou rekord is uitgewis!

list0106

list0106Sou jy daarvan hou as ‘n lys van al jou sondes en tekortkominge publiek gemaak word? Nie ‘n lekker gedagte nie, is dit? Bestaan daar selfs so ‘n lys? Dit bestaan wel, en dit is ‘n lang lys. Dit bevat al die swak besluite wat jy al gemaak het, die haatlike dade, die onvergeeflike houdings, die vooroordele, die hebsug, die wellus en die leuens: die Bybel sê dat God ‘n rekord het van al hierdie dinge. Maar jy het nog nooit hierdie lys gesien nie, het jy? Nee, en niemand anders het dit al gesien nie. “Hy het al julle sondes vergewe. Hy het die klagstaat.teen ons.uitgevee deur dit aan die kruis vas te spyker” (Kol 2: 13- 4 NLV). “Hy het vir die sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom” (1 Pet 3:18 NLV). As hierdie woorde nie jou siel verbly nie, sal niks dit doen nie!

Jesus het sy heilige kleed opsygesit en ons kledingstukke van skande aangetrek: die skande van naaktheid aan die kruis voor vriende en familie, die skande van mislukking toe dit lyk asof Satan vir Jesus oorwin het, die skande van ons oortredinge want “Hy het self ons sondes in sy liggaam weggedra.Nou kan ons lewe” (1 Pet 2:24 NLV).

Is daar perke aan Sy liefde? As daar is, het Dawid, die egbreker, dit nooit ondervind nie. So ook nie Paulus, die vervolger, nie. Ook nie Petrus, die leuenaar, nie. Ook nie die dief aan die kruis nie. En jy sal dit ook nie ondervind nie. Die oomblik toe Jesus op die kruis uitgeroep het “Dit is klaar” het God “Ten volle betaal” geskryf vir elke sonde wat jy sal pleeg.

© 2009 www.radiokansel.co.za

Scroll to Top