
Jesus het sy heilige kleed opsygesit en ons kledingstukke van skande aangetrek: die skande van naaktheid aan die kruis voor vriende en familie, die skande van mislukking toe dit lyk asof Satan vir Jesus oorwin het, die skande van ons oortredinge want “Hy het self ons sondes in sy liggaam weggedra.Nou kan ons lewe” (1 Pet 2:24 NLV).
Is daar perke aan Sy liefde? As daar is, het Dawid, die egbreker, dit nooit ondervind nie. So ook nie Paulus, die vervolger, nie. Ook nie Petrus, die leuenaar, nie. Ook nie die dief aan die kruis nie. En jy sal dit ook nie ondervind nie. Die oomblik toe Jesus op die kruis uitgeroep het “Dit is klaar” het God “Ten volle betaal” geskryf vir elke sonde wat jy sal pleeg.
© 2009 www.radiokansel.co.za



