
dat jy oor jou seer en griewe is en dat jy nou gaan aanbeweeg. Goed, maar wat
laat jy agter? Die menings wat jy gelug het, was gebaseer op wat jy verstaan
het en hoe jy op die oomblik gevoel het. Maar nou weet jy van beter. Jy het
Geestelik gegroei en jou woorde word deur genade bestuur. Maar het dit wat jy
gesê het nie dalk ander se menings gevorm en hulle houdings beïnvloed nie? Het
jy ‘n nalatenskap van bitterheid agtergelaat? Dit is wonderlik as ‘n mens vanaf
die punt waar jy ander kwalik neem
oorbeweeg na waar jy hulle
vergewe, maar wat van die oop wonde wat jy agterlaat?
Jakobus
skryf: “My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet
maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad
word nie. ‘n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie,” (Jak.
1:19-20). Die skrywer van die Hebreërbrief sê: “Sorg dat daar nie
verbittering soos ‘n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet
nie.” Sorgelose woorde veroorsaak blywende skade. Die saak behoort baie
aandag te geniet! Dit behoort ons te dryf om dit uit te stryk met hulle wat nog
tob oor die situasie waaroor ons nou al anders voel. Dit is baie moeilik om dit
te doen, maar ons moet dit doen. Dit vat nederigheid om terug te gaan en alles
uit te stryk, maar ons saak met God sal nie reg wees totdat ons dit doen
nie.Jesus het gesê: “As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou
daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die
altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe,”
(Matt. 5:23-24).
© 2007 Radiokansel.
www.radiokansel.co.za




