
‘n Tweede verhaal: ‘n Man vra aan sy vrou, ‘Sê my, Engel, was jy ooit voorheen verlief?’ Sy het nagedink en toe gesê, ‘Nee, Liefling. Ek het eenmaal iemand om sy groot intellek bewonder. ‘n Ander om sy buitengewone moed. Nog een het my met sy voorkoms en sjarme oorrompel. Maar met jou, hoe kan ek dit anders verklaar – as slegs liefde?’
Vind jy gedurig fout met jou maat, in plaas daarvan om die goeie kwaliteite wat jou eens aangetrek het, te onthou. Gesindheid is soos onkruid, dit kom oornag op en as jy dit nie dadelik uitroei nie, neem dit die hele tuin oor. Moenie dit toelaat nie! Die volgende keer wat jy te besig is om liefde te betoon, of ergerlik reageer, lees hierdie woorde:
‘Die liefde is geduldig en vriendelik… stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad…nie…dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.’ (1 Korintiërs 13:4-7 NLV).
Bron : Radiokansel




