
Die vyand het nie eens nodig gehad om die muur af te breek of daaroor te klim nie; hulle het eenvoudig die hekwag omgekoop! Die bouers het op hulle klipmuur vertrou, maar nagelaat om integriteit aan hulle kinders te leer. Die kinders het gevolglik sonder morele en geestelike riglyne grootgeword. Het jy al ooit gesien hoe ‘n groot boom in ‘n storm val, terwyl ander staande bly? Hoekom val een boom terwyl ‘n ander een sterk staan? Die antwoord lê in die boom se kern en wortelstelsel.
Verstaan jy?Jy moet gereeld aan jouself die volgende vrae ten opsigte van integriteit vra: 1) Tree ek dieselfde op, maak nie saak saam met wie ek is nie? 2) Is ek gewillig om die keuse te maak wat ander bevoordeel, maar miskien nie vir my die heel beste is nie? 3) Kan ek vertrou word om die ondernemings wat ek aan God, myself en ander gemaak het, na te kom? Kan jy soos die Psalmdigter sê, ‘Laat aan my reg geskied, Here, want ek was opreg in my doen en late.’ (Psalm 26:1 NLV) Die lewe is soos ‘n knyptang: dit gaan jou soms vasdruk. Dis dan wat die inhoud uitkom. Beeldbou en eiebelang belowe baie, maar lewer min op; integriteit stel egter nooit teleur nie. Werk dus aan jou integriteit.
Bron : Radiokansel


