
Maar dit beteken dat jy jou Bybel moet lees al voel jy nie lus daarvoor nie, kry jy nie tyd daarvoor nie of voel jy dat jy niks daaruit kry nie. God sê: “Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie.” (Jes. 55:10-11). Jy hoef nie sekere ‘sensasies’ te ervaar om te besef dat God se Woord in jou werk nie. Dawid het gesê: “Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U,” (Ps. 119:11). Dan bid hy: “Maak my oë oop dat ek die kragtige werking van u wet ervaar,” (Ps. 119:18). Dis ‘n gebed wat God sal verhoor. Jesus het gesê: “Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het,” (Joh. 15:3). Wil jy ‘n skoon lewe lei? Was dan jou verstand in God se Woord. Laat dit oor jou vloei en jy sal meer soos Jesus word en minder soos die wêreld.
Kopiereg 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za



