Goedkeuring

praised0404

praised0404Hoe treurig! Die geestelike leiers van die dag het in die boodskap van Jesus begin glo want dit het sin gemaak. Tog wou hulle Hom nie volg nie. Hoekom? ‘Want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God.’ Ons is maar almal skuldig aan ‘n sug na die eer en erkenning van mense. Soos die aktrise Sally Field, nadat sy as beste aktrise met ‘n Oscar bekroon is, gesê het: ‘Julle hou van my! Julle hou regtig van my!’ Die probleem is dus nie iemand se goedkeuring wat ons goed laat voel nie, maar die oortuiging dat dié verering geldig is! Die waarheid is natuurlik dat ons groot hoogtes kan bereik en steeds soos ‘n mislukking voel. ‘My lewe is op vergeefse aspirasies gespandeer, en op aanhoudende onbeantwoorde gebede dat iets wat uit my bestaan sou voortspruit tot nut van my spesie kon wees.’ John Adams, eertydse Amerikaanse President, Minister van Buitelandse Sake, Ambassadeur en Lid van die Amerikaanse Kongres het hierdie woorde teen die einde van sy lewe geskryf.

Dis aangenaam om gewaardeer te word, maar as dit ontbreek, moet ons eiewaarde en ons belang slegs op die volgende berus:

1) God se onvoorwaardelike liefde en aanvaarding vir ons, wat vir altyd aan die kruis bewys is;

2) Die vreugde om te weet dat ons eendag die woorde sal hoor ‘”‘Uitstekend! Jy is ‘n voortreflike slaaf …”‘ (Matteus 25:21 NLV).

God sê vandag aan jou, ‘Moenie jou plek, jou gawes of jou opdrag verag nie, want jy kan nie iemand anders s’n kry nie en dit sou jou in elkgeval nie tevrede stel nie, al kon jy ook.’

Bron : Radiokansel

Scroll to Top