Kry jou kop in rat!

success1802

success1802Ons vertel dikwels eensydige verhale van hoe ons suksesse behaal en wonderlike hoogtes bereik het – en mense word deur hierdie ‘suksesverhale’ mismoedig gemaak! Hulle dink dat terwyl óns floreer, hulle maar moet aansukkel. Die waarheid is egter dat ons gewoonlik nie aan hulle die volle prentjie skets nie. Die Here help ons! Ons boodskap is eintlik: ons is net deur genade gered, ons word net deur genade gered en ons sal net deur genade gered word. Na Dawid se owerspel met Batseba het genade sy lewe herskryf en het hy van sy grootste psalms geskryf; dié psalms wat aan ons almal hulp en vertroosting bied. Nadat Paulus gelowiges vervolg, en laat opsluit en vermoor het, het hy geskryf, ‘Ek het ‘n groot verantwoordelikheid teenoor almal…’ (Romeine 1:14 NLV) en daarna het hy voortgegaan om die evangelie oor die wêreld uit te dra.

Moenie moed opgee omdat iemand vasgestel het dat jy maar net ‘n ‘skat in ‘n breekbare kleipot’ is nie. Jy mag die enigste hoop van ‘n verlore siel wees as jy net sal blý uitreik deur jou pyn.

Die boodskap wat aan ander redding bring, red ons ook!

Dis nie ‘n swakheid vir die evangelie om die verworpenes te aanvaar nie, dit is ‘n sterkpunt! Daar is ‘n wêreld se verskil tussen ‘n kille rebelse hart en die kreet van ‘n bewoë hart wat roep, ‘Here, red my van myself.’ Net ‘n sweempie van God se genade laat ons almal op ons knieë neerval en ons sonde bely, ‘…Daarmee vernietig ons die argumente, asook elke skans wat teen… God opgerig word.’ (2 Korintiërs 10:4-5 NLV).

Bron : Radiokansel

Scroll to Top