Jou Bybel – Lees dit elke dag (1)

William Gladstone1702

William Gladstone1702Kom ons lees wat sommige van die mees uitstaande leiers in die geskiedenis oor die Bybel gesê het.

William Gladstone, ‘n Britse Eerste Minister: ‘Daar is tans eintlik maar net een vraagstuk: Hoe om die waarhede van Gods Woord in noodsaaklike kontak te bring met die hart en verstand van alle vlakke van die samelewing.’

Goethe: ‘Ek beskou die evangelies as volkome waar; want dit is ‘n doeltreffende weerspieëling van ‘n verhewenheid wat uit die Christus-persoon uitgestraal het; en dit is so heilig as wat die heiligheid ooit op aarde sou verskyn.’

President Ulysses S. Grant: ‘Hou vas aan die Bybel as die anker van jou vryheid. Skryf sy voorskrifte op jou hart en beoefen dit deur jul lewens. Vir die vooruitgang wat ons gemaak het, is ons die invloed van hierdie boek verskuldig, en ons moet dit gebruik as ons gids vir die toekoms.’

President Woodrow Wilson: ”n Man het homself ontneem van die beste wat daar in die wêreld is, homself ontneem van die volgende: kennis van die Bybel. As jy die Bybel lees, sal jy weet dit is die Woord van God want jy sou vind dis die sleutel tot jou eie hart, jou eie geluk, en jou eie plig.’

President Abraham Lincoln: ‘Ek het maar slegs te sê dit is die beste gawe wat God aan die mens gegee het.’ Soos die wet van swaartekrag, sal die Bybel nooit oorbodig raak nie.

Whittier het geskryf: ‘Ons kom terug van ons soeke, om uit te vind wat die wyse manne gesê het, is in die boek wat ons moeders lees.’

Jou Bybel – lees dit elke dag.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top