
Sigmund Freud het gereken psigoanalise kan die onderbewussyn van pynlike herinneringe bevry. Maar sy veronderstelling was verkeerd, want goeie en slegte herinneringe bly deel van jou. Sy teorie kan verder daartoe lei dat jy aanvaar dat jou probleme deur ‘n blote gesprek onderdruk kan word sonder om iets daaraan doen. Sommige mense oorwin hul hartseer vinniger as andere; terwyl andere dit ongelukkig nooit oorwin nie. Jy hoef nie een van hulle te wees nie! God het gesê: ‘Ek sal hulle droefheid in vreugde verander’. God kan jou verlede herskik en nuwe betekenis gee.
Hy kan jou help om met dankbaarheid terug te kyk, en dan vorentoe te beur met selfvertroue. Hoe? Deur pynlike herinneringe in kragbronne van wysheid te verander. Vra Hom net; Hy sal jou wys hoe!
Bron : Radiokansel




