Geen kort paaie nie – jy moet daarvoor werk!

Toe Bill Gates, stigter van Microsoft, gevra is wat die redes vir sy groot sukses is, het hy die volgende 11 insigte gegee aan iemand wat begin. Jy kan gerus elkeen oorweeg:
  1. Die lewe is nie regverdig nie – raak daaraan gewoond.

  2. Die wêreld is nie in jou selfbeeld geïnteresseerd nie; dit verwag dat jy iets moet bereik voordat jy goed voel oor jouself.

  3. Jy gaan nie R600,000 per jaar maak of die adjunkpresident met ‘n selfoon wees net nadat jy uit die skool gekom het nie. Jy moet dit verdien.

  4. Dink jy jou onderwyser is moeilik? Wag totdat jy ‘n baas het – hy word nie getem nie.

  5. Om burgers te maak is nie benede jou nie; jou grootouers het dit as ‘n geleentheid beskou.

  6. Dit is nie jou ouers se skuld as jy droogmaak nie.

  7. Jou ouers was nie altyd vervelig nie; dit is die gevolg daarvan dat hulle jou moes voed, jou klere moes skoonmaak en die rekeninge moet betaal. Dus, voordat jy hardloop om die reënwoud te red van die ‘parasiete’ van jou ouers se ‘generasie’, probeer jou eie kas regpak.

  8. Sommige skole kyk moontlik nie meer na wenners of verloorders nie, maar dit gebeur steeds in die lewe. Hulle kon druipsimbole laat vaar het en jou soveel tyd as moontlik gegee het om die regte antwoord te kry. Dit gebeur egter nie daarbuite nie.

  9. Die lewe word nie in semesters verdeel nie. Jy kry nie lang somervakansies nie. Werkgewers is nie geïnteresseerd daarin dat jy jouself moet vind nie; jy moet dit in jou eie tyd doen.

  10. Anders as op TV, moet mense die koffiewinkels verlaat om te gaan werk.

  11. Wees gaaf met bleeksiele; daar is ‘n goeie kans dat jy eendag vir een mag werk!
Die Bybel sê: “‘n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm; dit is vlyt wat ryk maak,” (Spr. 10:4, NAV), en “Die luiaard se honger word nie gestil nie; hardwerkende mense het meer as genoeg om te eet,” (Spr. 13:4, NAV). Geen kortpaaie nie – jy moet daarvoor werk!
© radiokansel.co.za 2009
Scroll to Top