Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Sukses waar dit die meeste saak maak
Professor Howard Hendricks het honderde predikante en leiers gementor. Hy skryf: “Toe ek ‘n jong leier was, was my grootste fout dat ek toegelaat het dat my tyd in beslag geneem word deur dinge waarvoor ek nie bekwaam was nie. Terselfdertyd het ek baie min tyd gebruik om my sterk punte te ontwikkel. Ek het eindelik besef dat my waarde binne die konteks van my begaafdheid lê – nie hoeveel ure ek werk nie. Daar was sommige balle wat ek eenvoudig nie in die lug hoef te gehou het nie. Toe ek hulle laat val, het ek daarin begin uitblink om die twee of drie balle waarvoor ek geskep is in die lug te hou. En die wonderlike ding is, ander mense het die ander balle opgetel. Dit waaraan ek vasgeklou het, was geleenthede waarvoor hulle gewag het.
Sê my: Van die twee of drie dinge wat vir jou sukses definieer, watter van hulle is in lyn met die dinge waarvoor jy regtig bekwaam is? Dis waar jy jou energie moet fokus. Dis waar jy sal uitblink. Jy sal binne daardie nouer konteks jou grootste bydrae kan maak. Die beste van alles is, jy sal geniet wat jy doen! Dalk sê jy: “Maar ek kan nie bekostig om al my energie op een of twee dinge te fokus nie.” Dalk nog nie, maar dit behoort jou doelwit te wees. Dis iets waarna jy behoort te streef as jy suksesvol wil wees waar dit die meeste saak maak.