Goeie nuus

Image

ImageDie kerk is die plek waar ons van Jesus hoor, maar is dit daar waar ons Hom werklik ervaar?

’n Jong mens sê onlangs vir my die enigste teken van Christus in haar kerk is ’n houtkruis teen die muur. “Maar dit gaar net stof op saam met al die ou kerkmeubels.”

Wel, dalk is daar ’n ander prentjie.

Jesus beweeg elke dag tussen ons rond in die kerk van die lewe. Vandag het ek Hom vir ’n oomblik in ’n vriend se oë gesien toe hy my kom bemoedig het. Ek sien Jesus ook langs baie lewenspaaie. In die gevangenis en op siekbeddens en in die oorvol staatshospitale hoor ek steeds Sy voetval. Jesus is ook te sien tussen armes en rykes, oud en jonk, ja, tussen almal op die markpleine van die lewe.

Hy bring vir mense geskenke van nuwe lewe!

~Stephan Joubert (www.ekerk.co.za)

Scroll to Top