
Eerstens, Maria Magdalena het hom ontmoet. Tweedens, die vroue by die graf het Hom gesien. Derdens, die dissipels het met Hom gepraat. Vierdens, die apostels het Hom ontmoet. Laastens, 500 mense het Hom tegelyk gesien. ‘…het Hy aan die apostels verskyn, en op baie maniere aan hulle bewys dat Hy regtig lewe.’ Christus se opstanding is die basis van ons redding en die hoop vir ons ewigheid (Romeine 10:9-10). Paulus skryf, ‘…dat Christus vir ons sondes gesterf het, begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het, dat Hy aan Petrus verskyn het en daarna ook aan die twaalf. Daarna het Hy aan meer as 500 volgelinge tegelyk verskyn. Van hulle leef die meeste nou nog. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en later aan al die apostels. Heel laaste ook aan my’ (1 Korintiërs 15:3-8).
Tydens die vertoning van ‘n film oor die dood van Jesus het ‘n seuntjie uitgeroep, ‘Moenie bekommer nie. Hy staan weer op. Ek het die film voorheen gesien!’ Wees bly want Jesus het waarlik opgestaan!


