
God het jou op hierdie aarde geplaas met ‘n spesifieke doel. Het jy al joune gevind? Is jy besig om jou lewe daaraan te wy? Paulus het, en hy het die volgende geskryf: “Die tyd van my dood is op hande. Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly. En nou wag die prys vir my: die lourierkrans van geregtigheid wat die Here, die regverdige Beoordelaar, my sal gee op die groot dag van sy wederkoms. En dié prys is nie net vir my nie, maar vir almal wat gretig uitsien na sy heerlike verskyning” (2 Tim 4:6-8 NLV).
Wanneer jy Christus ken as jou Redder, lê die beste nog voor. Op sy sterfbed het D.L. Moody skielik regop gesit, sy arms oopgemaak asof hy iets wonderlik omhels en verklaar dat die aarde wegbeweeg. Die hemel was naby en sy bekroningsdag het gekom. Wat ‘n wonderlike manier om te sterf. Jy hoef nie die dood te vrees nie, want Jesus het gesê: “Ek is die opstanding en die lewe, Wie in My glo, sal lewe, al sterf hy ook. Elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterf nie. Glo jy dit?” (Joh 11:25-26 NLV) Glo dit, dit is waar!
© Radiokansel.co.za



