
Die hemel word stil om na die gebede van iemand soos jy te luister. Die gebede van ‘almal wat aan God toegewy is’, styg na Hom op. Jou woorde styg op totdat hulle God bereik, moet dus nie ophou bid nie. Let op dat die persoon wat na Jesus gestuur is, gesê het, ‘”hy vir wie U lief is, is siek.”‘ Sy appèl het nie op die gebrekkige liefde van die sieke nie, maar op die volmaakte liefde van Jesus berus. Hy het nie gesê, ‘Die een wat u liefhet, is siek’ nie, maar wel, ‘hy vir wie U lief is, is siek.’ Wat ‘n verskil! Die krag van die gebed berus nie op die deugsaamheid van die een wat bid nie, maar op die onveranderende liefde van die Een wat die gebed aanhoor. Is dit nie wonderlik nie? Jy kan dalk vol gebreke wees, nie eens die misterie van gebed begryp nie, maar dis duidelik: optrede begin in die hemel wanneer iemand op aarde bid.
Bron : Radiokansel




