
Ons dink aan God as ‘n godheid om oor te praat eerder as ‘n plek om in te woon, maar God wil hê ons moet Hom sien as die Een in wie ons ‘…lewe…beweeg… en bestaan…’ (Hand 17:28 NV). Toe God die kinders van Israel deur die woestyn gelei het, het Hy nie slegs eenmaal ‘n dag verskyn en weer verdwyn nie. Nee, ‘n vuurkolom was heelnag by hulle en die rookkolom deur die hele dag. God los ons nooit. Jesus het belowe: ‘…Ek is by julle al die dae…’ (Mattheus 28:20 NV). Die Psalmdigter het gesê: ‘Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon …’ (Psalm 27:4 NV). ‘Dis oulik,’ sê jy. ‘Ek sal daarvan hou om ook in God se huis te bly, maar ek is vasgevang in die regte wêreld.’ Nee, dis net andersom; jy is net ‘n besluit weg van jou Vader se teenwoordigheid. Jy het nie nodig om jou adres te verander nie – net jou uitgangspunt. Waar jy ook al vandag gaan, wat jy ook al vandag ervaar, herinner jouself daaraan: ‘Hy is by my!’
Bron : Radiokansel.co.za



