Wie se “boodskap” gaan jy glo?

tv-reporter1 2873b

tv-reporter1 2873b‘n Oliestorting besoedel die Golf van Mexiko. Dit vernietig die seelewe en die bestaan van miljoene mense. Ons kyk dag na dag daarna terwyl dit op die televisie uitgesaai word soos dit gebeur.

‘n Aardbewing tref Haïti, 200 000 mense sterf en die wêreld se armste mense word honger en haweloos gelaat.

‘n Amerikaans-gebore terroris vlieg terug vanaf ‘n Al-Qaeda-opleidingskamp met ‘n bom in sy onderklere en probeer die vliegtuig en die grootste deel van Detroit vernietig.

Ons word dag en nag met hierdie soort verslae gebombardeer. Kommentators in die media probeer so veel hul kan uit elke oomblik kry, en skep sensasie uit elke geleentheid omdat dit hul kyksyfers opstoot, advertensies verkoop en geld maak. Vrees verhoog verkope! Party verslaggewers het beroemd geraak. Dis ‘n groot bedryf. Ons is die mees voorspoedige generasie ooit, maar ook die bangste een. In die verlede moes jy jou dosis angs tydens die aandnuusuitsending ontvang, maar vandag ontvang jy dit aanhoudend op jou BlackBerry en iPad. Nou kan jy nie meer jou kop in die sand druk nie. As jy egter nie versigtig kies waarna jy luister nie, kan jy jou gemoedsrus heeltemal verloor. God weet dit, en Sy Woord vra dus: “Wie het ons boodskap geglo? Aan wie het die Here Sy reddende mag openbaar?” Die Here se reddende mag verwys na Sy mag om ons te verlos en Sy voorsiening vir elke gebeurtenis in ons lewens.

Wie se boodskap gaan jy glo?

Bron : Radiokansel

Scroll to Top