
Hy het vir sy vrou gesê om ontbyt te los, net om te ontdek hy kon nie sy motor aanskakel nie.
Hy bel toe ‘n taxi. Toe hy in die taxi klim, skree hy: “Kom ons gaan!”
Die bestuurder vra: “Waarheen wil jy gaan?”
Die man skree: “Ek gee nie om nie, ek het oral probleme!”
Voel jy vandag so? Het jy alles gedoen wat jy kan, maar die situasie het nie verbeter nie? “Wie is daar onder julle wat die Here vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? – laat hy vertrou op die Naam van die Here en steun op sy God!” (Jes 50:10 OV).
Let op dat ons op die “Naam” van die Here moet vertrou. God se Naam is vir Hom belangrik omdat dit Sy mag, Sy karakter en Sy getrouheid verteenwoordig. Wanneer jy dus vir enigiets in Sy Naam vra, vertrou jy op Sy mag, Sy karakter en Sy getrouheid. Dit is soos om op ‘n rots te staan!
Ons bekommer ons so baie oor gister en môre, en tog is die een al begrawe en die ander een is nog nie gebore nie. Gryp dus hierdie dag met sy seëninge en uitdagings aan en leef elke oomblik daarvan. Moenie verlang na “eendag” nie. “Hy was nog altyd bereid om te help in nood.” (Ps 46:2 NV).
Gee eenvoudig jou bekommernisse aan Hom oor en laat Hy na hulle omsien.
Bron : Radiokansel




