Maak ‘n sukses van jou lewe

makeitwork1807

makeitwork1807Om ‘n sukses van jou lewe te maak, moet jy die volgende in gedagte hou:

1) Weier om tevrede te wees met gister se prestasies. Paulus het sy prestasies gevier, maar sy fokus was steeds op wat God vir sy toekoms beplan het: “… ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is.” (Filippense 3:13 NV).

2) Weier om rond te sit en wag vir more se geleenthede. Tussen die groot dinge wat ons nie kan doen nie, en die klein dinge wat ons nie sal doen nie, staan ons die gevaar om niks te doen nie. Die wêreld is meer geseënd deur die wat dinge gedoen kry as deur die wat net praat oor dinge wat gedoen moet word.

3) Weier om toe te laat dat die plek waar jy begin het, bepaal waar jy gaan eindig. George Washington Carver was in menige pleeghuise toe hy ‘n kind was, totdat hy na bewering deur Maria Watkins, ‘n wasvrou, in haar huis ingeneem is. Sy het hom aan Jesus voorgestel. Maria het ‘n invloed op sy lewe gehad en George het weer ‘n invloed op die wêreld gehad. Hy staan bekend as die vader van moderne landboukunde en is gekrediteer met meer as 300 verskillende uitvindsels. ‘n Besondere eienskap van die man is dat, ten spyte van die feit dat hy benadeel was, hy nooit bitter geraak het nie. In plaas daarvan het hy elke oggend in sy laboratorium gebid: “Maak my oë oop…” Hoe kan God nie iemand met so ‘n gesindheid seën nie?

Bron : Radiokansel

Scroll to Top