Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Leer om te rus
Is jy die hele tyd moeg? Selfs nadat jy geslaap het? Besoek jy gereeld die dokter, maar hy kan niks fout vind nie? Jy ervaar dalk die simptome van uitbranding. Lang tye van oorwerking veroorsaak moegheid, slapeloosheid en stres. Ander simptome is huil sonder rede, maklik kwaad word, onsekerheid, negatiwiteit, irritasie, depressie en nydigheid teenoor ander se seëninge. Herken jy hierdie simptome?
Een rede hoekom God die rusdag ingestel het was om uitbranding te voorkom. Die wet van die rusdag sê doodeenvoudig dat ons ses dae kan werk, maar op die sewende dag moet rus en God loof. Selfs God het gerus na ses dae se werk. Aangesien God nooit moeg word nie, was hierdie duidelik bedoel om as voorbeeld vir ons te dien. In die Ou Testament moes die lande braak lê na ses jaar. Geen saai en oes was toegelaat in die sewende jaar nie (Sien Eks 23:10-12).
Gedurende hierdie tyd is die land toegelaat om te herstel en voorberei vir toekomstige gebruik.
Ons mag argumenteer dat ons nie kan bekostig om te rus nie. Die waarheid is dat ons nie kan bekostig om nie te rus nie! As jy dink dat jy te besig is om te rus moet jy jou lewenstyl verander. As jy te besig is om God se bevel uit te voer en Sy voorbeeld te volg, sal jy die gevolge daarvan dra. As jy jouself gedurig blootstel aan stres met geen rus om dit te balanseer nie, sal jy die resultate in jou liggaam, gees, emosies, gesondheid en verhoudinge sien. So, kry jou prioriteite reg en leer om te rus!
The following were reported to be actually taken from newspapers: Free puppies: ½ cocker spaniel, ½ sneaky neighbor dog Amana washer $100. Owned by clean…