Wanneer jy oorlaai is (1)

ImageVoordat ‘n violis musiek kan maak, moet die snare eers styf gespan word. As hulle egter te styf is, sal hulle afbreek. Dieselfde geld ook vir jou. Genoeg spanning help jou om kreatief te dink en om dit wat jy moet doen, betyds klaar te kry, voordat jy daaronder swig. Iemand het die grap gemaak: “Jy weet jy is onder te veel druk wanneer jy nie genoeg tyd het om kits-kos voor te berei nie, die kat kalmeermiddels drink en die weermag nodig is om ‘n familie reünie te laat plaasvind!” Op ‘n ernstige noot – voordat dit op daardie punt kom, het jy twee keuse:

(1) Vra vir hulp. Tydens Orkaan Katrina is agt dolfyne uit die akwarium in die see ingeslinger, maar omdat hulle bymekaar gebly het, is hulle gered. As een van hulle probeer het om alleen oor die weg te kom, sou hy dit beslis nie gemaak het nie. As jy te dikwels alleen is, verloor jy perspektief. As die vyand jou kan isoleer, kan hy jou beïnvloed. God het sy familie so ontwerp dat hulle verenig kan bly. Soos Paulus gesê: “sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie,” (1 Kor. 12:25, NAV).

(2) Kry jou krag by God. Wanneer jy onder te veel druk is, kan negatiewe emosies jou oorweldig en as jy nie jou siel voor God ontbloot nie, gaan jy ontplof en dit op die verkeerde mense uithaal. Die Psalmdigter het die volgende gesê: “Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg,” (Ps. 55:23, NAV). “Stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons ‘n toevlug,” (Ps. 62:9, NAV). Dit is nie toevallig dat baie van die Psalms begin met die Psalmdigter wat tot God roep vir hulp en eindig met hom wat vol vreugde God loof omdat hy al sy frustrasies kon uitstort nie.

© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)

Scroll to Top