Sleutels vir ‘n sterker huwelik (1)

Image‘n Bejaarde egpaar wat hul 50ste huweliksherdenking gevier het, het geen geheime vir mekaar gehad nie – behalwe ‘n skoendoos wat die vrou altyd onder die bed weggesteek het. Sy het ingestem dat haar man kon kyk wat binne-in is. Hy het die boks oopgemaak en twee lappoppe en R500 000 kontant daarin gekry.

Die vrou het verduidelik: “Jare gelede het my ma vir my gesĂȘ dat die geheim vir ‘n gelukkige huwelik is om nooit te baklei nie. Dus, wanneer ek kwaad word, moes ek stilbly en ‘n lappop maak.” Haar man was verheug – sy was net twee maal in vyftig jaar kwaad vir hom! “My skat,” het hy gesĂȘ. “Dit verduidelik die poppe, maar wat van die geld?” “O,” het sy geglimlag. “Dit is vir al die poppe wat ek verkoop het!”

Huweliksberading verg dikwels dat ‘n mens aktief na jou eggenoot moet luister en beaam wat hy/sy gesĂȘ het deur dit te herhaal, te parafraseer, en positiewe terugvoer te gee. Navorsing het egter bewys dat egpare nie altyd gelukkig met die resultate is nie en dat daar steeds probleme is. Dr. John Gottman het gesĂȘ: “Dit is omdat ons vir mense wat skaars kan kruip, vra om Olimpiese standaard gimnastiek te doen!”

Dr. Susan Boon stel eerder voor dat ‘n mens die sake wat uitgesorteer moet word, moet identifiseer – en leer om met die res saam te leef! Werk Ăłm dit, verbind julle opnuut om bymekaar te bly, en soek vyf positiewe ervarings om elke negatiewe ervaring mee uit te balanseer. Vuil sokkies, snorkery, die lugreĂ«ling se temperatuur, onopgemaakte beddens – ons gewoontes kan ons gades mal maak!

Ons moet leer om “uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig (te wees),” (Ef. 5:21, NAV) en onthou “Die liefde is geduldig . vriendelik . soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie,” (1 Kor. 13:4-5, NAV). So, hoe vaar jy tot dusver.

© Kopiereg 2007 Radiokansel www.radiokansel.co.za

Scroll to Top