Leer om te berus (1)

RKLogo_Reg

RKLogo_RegPartykeer beteken berusting: (1) om te leer om gelukkig te wees met minder. ‘n Oorstuurde besigheidsman het besluit om ‘n paar dae in ‘n monnikeklooster deur te bring. “Ek hoop u verblyf is geseënd” het die monnik vir hom gesê. “As jy enigiets benodig, laat weet ons asseblief. Ons sal jou leer om daarsonder klaar te kom.” Geluk is nie om alles te kry wat jy wil hê nie, maar om alles te geniet wat God aan jou gegee het. Paulus moes leer om te berus. “Wanneer ek genoeg het om te eet of wanneer ek honger is. Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee” (Fil 4:12-14 NLV).

(2) om jouself te herinner dat dinge slegter kon gewees het. Snoopy het op ‘n dag in sy hondehok gelê en kla oor hy hondekos moet eet terwyl sy huismense heerlik smul aan hoenderpastei en sous. “Dit kon natuurlik erger gewees het,” het hy later gepeins, “Ek kon die hoender gewees het.” Deur jouself te herinner dat dinge slegter kon gewees het, kan jy jouself aanspoor tot berusting.

(3) om te verstaan dat jou soeke na die Geestelike, en nie die materiële is nie. Paulus waarsku ons teen “gierigheid, wat afgodery is” (Kol 3:5 NLV). Ons probleem is nie dat ons meer wil hê nie, maar dat die onderliggende soeke eintlik na God is. Augustine het gesê, “Ons harte sal nooit rus nie, totdat hulle rus vind in U.” Kom ons bid: Laat U koninkryk kom, laat U wil geskied”.

© 2009 Radiokansel.co.za

Scroll to Top