Wees passievol daaroor

calmness

calmnessJesaja het gesê: ‘Die Here help my, daarom het ek my gesig hard gemaak soos klip.’ Jy sal nooit werklike sukses met enigiets behaal as jy nie passievol daaroor is nie. Die Psalmdigter het geskryf: ‘My hart is gerus…’ (Psalm 57:7 OV-1953). Die woord ‘gerus’ dui op ‘n ingesteldheid wat so sterk soos klip is.

Henry Ford was passievol oor motors. Thomas Edison was passievol oor lig. Die Wright-broers was passievol oor vlieg. Paulus was passievol oor evangelisasie. Jy sal slegs in die lewe onthou word vir dit waaroor jy passievol was. Terwyl Jesus voor Pilatus gestaan het, wat Hom sou vonnis, het Hy gesê: ‘…Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom …’ (Joh 18:37 NV).

‘n Doringkroon van twintig sentimeter sou op Sy kop vasgedruk word. ‘n Spies sou Sy sy deurboor. Spykers sou in Sy hande ingeslaan word. Nege-en-dertig houe sou Sy rug oopkloof. Waaroor Hy die passievolste was, sou slegs deur pyn bereik kon word.

Dieselfde sal in jou lewe gebeur. Jy mag onbeduidend voel. Jy mag dalk klein begin. Maar sodra dit waarvoor jy lief is, jou verstand en gedagtes begin oorheers, jou gesprekke en al jou tyd – dan is jy oppad na sukses. Is jy skrikkerig om werk toe te gaan? Loer jy heeltyd na die horlosie? Begin jou gedagtes dwaal na ander plekke en dinge wat jy eerder sou wou doen? Dan gaan jy nie sukses behaal nie.

Kry iets waaroor jy passievol is, iets wat jou opkikker, iets waarom jy jou lewe kan bou. Jesus het en Hy het die wêreld verower.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top