
Die woord ‘verbonde’ beteken tuis voel in God se liefde; om oortuig te wees van jou plek as gewaardeerde lid van Sy familie; om daar vrede te ondervind; om deur Sy nabyheid gevoed, vertroetel en beskerm te voel omdat jy besef dat dit vir jou die veiligste plek op aarde is. In verbondenheid soek jy na, dors jy na, verlang jy na, wag jy en reageer jy op Hom, sien, hoor en ken jy Hom, en het jy Hom lief. Verbonde beteken meer van Hom in jou aktiwiteite, gedagtes en begeertes. Ons is té dikwels so besig om iets vir Hom te doen, dat ons nalaat om net Sy teenwoordigheid te geniet. God het ons geskape om sonder Hom onvolmaak te voel. Dit is waarom Dawid geskryf het, ‘Soos ‘n wildsbok smag na water, so smag ek na U, o God.’ (Psalm 42:1 NLV).
Bron : Radiokansel




