Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Benodig – ‘n wedergeboorte!
Die Bybel sê dat Adam 130 jaar nadat hy gesondig het steeds “die vader geword van ‘n seun, sy beeld, een soos hyself,” (Gen. 5:3). Ons, Adam se nageslag, is almal met die sondige natuur gebore. Soms sê mense: “Hy is net soos sy pa.” Of ons sê: “Ek het my slegte humeur by my pa geërf!” “My ouers kon nie getroud bly nie, nou is ek ook besig om deur ‘n egskeiding te gaan.” “My pa was ‘n alkoholis – kyk net na my drank- en dwelmgewoontes!” “My pa was verslaaf aan werk, nou werk ek ook 14 ure per dag.” “Ek weet nie hoe om liefdevol teenoor my kinders op te tree nie, want my pa was nooit liefdevol teenoor ons nie.” Die geskiedenis is besig om oor en oor herhaal te word weens ons sondige natuur.Hier is ‘n interessante voorbeeld; “(Abraham het) voorgegee sy vrou Sara is sy suster. Koning Abimelek van Gerar het haar toe laat haal om met haar te trou,” (Gen. 20:2). Abraham was bereid om Sara op te offer om sy eie bas te red. Wat sou jy gedoen het? Voordat jy antwoord, let op dat Isak nog nie eers gebore was toe sy pa dit gedoen het nie. Tog, jare later, het Isak presies dieselfde ding op dieselfde plek gedoen (sien Gen. 26:7). Dit is geneties! Vasgepen in ons DNA.
Daar is lig! Die oomblik dat jy Christus as jou Verlosser aanvaar, verbreek hy die bose kringloop. As jy opnuut “uit die Gees gebore word”, ontvang jy ‘n nuwe Vader en ‘n nuwe natuur (sien Joh. 3:3-6). Jy hoef nie dieselfde pad as jou aardse vader te stap nie, jy kan die pad van jou Hemelse Vader stap en daagliks meer soos Hy word. Is jy moeg vir jou ou natuur en sondige weë? Is jy gereed vir ‘n wedergeboorte? Draai na Christus toe!
Televisieaanbieder Brandon Brooks het sy eie huis as model gebruik om die jongste sekuriteitsmaatreëls aan kykers te wys. Hy het 'n gesofistikeerde alarmstelsel en ander…