Neem ‘n blaaskansie

article imagte




Untitled Document

article imagteAs ons voortgaan om ons wérk belangriker te ag as onsself, gaan ons dit dalk nie kan voltooi nie. Ons moet leer om ‘n blaaskans te neem, dan sal ons meer impak op ons werk hê. Selfs magtige mense kom tot ‘n val omdat hulle nie die nodigheid van rus besef nie.  Die boek Genesis sê: ‘…was God klaar met alles …en het Hy gerus …’ (Genesis 2:2 NLV).  As God kon rus, hoekom nie jy nie?

Twee redes: eerstens, ons strewe na doelwitte wat nie deur God gestel is nie.  Jesus het gesê, ‘…my juk sal saggies op julle skouers rus en my las is lig …’ (Matteus 11:30 NLV).   As iets voortdurend té moeilik is en té swaar om te dra, moet jy weet God het jou nie daarvoor geroep nie.  

Die wil van God sal ons geloof beproef en ons talent na nuwe hoogtes dryf, maar sal nooit ons gesondheid, gemoedsrus of gesin vernietig nie. Tweedens, ons verloor perspektief. Ons prioriteite raak deurmekaar. Jy sê, ‘ek doen dit vir my gesin’. Jy dink egter nie daaraan dat jou gesin miskien verkies om meer van jou en minder van dinge te hê nie. Jy gee hulle ook nooit die keuse nie. Selfbemagtiging begin met die erkenning dat ons genoeg gehad het. Dan moet ons beheer oorneem van wat wanneer in ons lewens gebeur. As jy skuldig voel om ‘n blaaskans te neem, moet jy ánders begin dink!

Die psalmdigter sê, ‘Hy laat my rus in groen weivelde; …Hy gee my nuwe krag …’ (Psalm 23:2-3 NLV). Geestelike, fisiese en emosionele verkwikking begin met rus. Leer dus om te rus, sonder om lui, onverantwoordelik of onproduktief te voel.

Bron : Radiokansel


Scroll to Top