God se inwonende Gees tolk vir ons

ImageWanneer jy na ‘n vreemde land toe gaan, kan jy ongemaklik en ‘n bietjie verlore voel omdat jy nie die taal praat nie. Alles is anders as waaraan jy gewoond is.
Die taal van die geestelike wêreld is gebed. Aangesien die geestelike wêreld die bron is van ons krag, oorwinning, vrede, vreugde, en wat ook al ons anders nodig het, is dit uiters belangrik dat ons leer om dit te praat. Die goeie nuus is dat ons reeds ‘n onderwyser en tolk het – die Heilige Gees self! Een van sy take is om vir ons die taal van gebed te leer en ons te lei oor hoe om God aan te spreek. En Hy kwyt Homself uitstekend van sy taak! Die Bybel sê dat die Heilige Gees ons gebede tot God kan interpreteer selfs wanneer ons nie weet wat om te sê nie. “Ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie,” (Rom. 8:26, NAV). Is dit nie wonderlike nuus nie?
Gebed is die skakel tussen die fisieke en geestelike wêreld, en aangesien die geestelike wêreld die fisieke een beheer, beïnvloed dit ons funksionering in die wêreld hieronder wanneer ons verbind raak aan die wêreld daarbo. Omdat gebed van ons verhouding afhang, sal die Heilige Gees God se hart terug kommunikeer aan ons deur Homself aan ons menslike gees te verbind sodat ons God kan hoor praat tot in ons diepste wese. Dit is waarom gebed nie afgejaag kan word nie. Dit is ook waarom dit so belangrik is dat ons tyd moet neem om te mediteer en stil te wees voor God. Dit stel die Heilige Gees in staat om God se gedagtes met ons te deel, sodat ons op sy manier kan begin dink. Hoe kosbaar is dit nie?
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)
Scroll to Top