
wat voor ‘n klas van 30 senior molekulêre biologie studente gestaan het. Net
voordat hy die finale eksamenvraestelle uitdeel, het hy vir sy klas gesê:
“Ek was in die bevoorregte posisie om die afgelope semester julle mentor
te wees en ek weet hoe hard julle gewerk het om voor te berei vir hierdie
toets. Ek weet ook dat die meeste van julle volgende semester aangaan met
mediese of nagraadse studies. Ek is bewus daarvan dat daar baie druk op julle
geplaas word om julle gemiddeld hoog te hou. Omdat ek seker is dat julle die
werk onder die knie het, is ek bereid om aan enigeen wat verkies om nie die
finale eksamen te skryf nie ‘n outomatiese B te gee.” Sugte van verligting
kon gehoor word. ‘n Aantal studente het dadelik opgespring en die professor
bedank vir die reddingsboei wat hy vir hulle gegooi het. “Is daar
enigiemand anders?” het hy gevra. “Dit is julle laaste
student het besluit om ook te gaan. Daarna het die professor begin om die
vraestel uit te deel, wat uit twee sinne bestaan het: “Veelsgeluk, jy het
sopas ‘n A gekry vir hierdie vak. Moet nooit ophou om in jouself te glo
nie!” Dit was die beloning vir die studente wat hard gewerk het en aan
hulle eie vermoëns geglo het.
Die apostel, Paulus het meer hoofpyne en hartseer
in een maand beleef as wat die meeste van ons in ons hele lewe sal beleef. Tog
het hy geskryf: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag
gee.” Komaan! Begin om aan jouself te glo, in die Christus wat in jou
woon, aan die gawes wat Hy vir jou gegee het om te gebruik en aan die toekoms wat
Hy vir jou beplan.
Weier om tevrede te wees met ‘n B terwyl God vir jou ‘n A
belowe het!
© 2007 Radiokansel. /
www.radiokansel.co.za



