‘n Gevoel van verwondering

earth1402

earth1402GK Chesterton skryf: ‘Die wêreld het nie ‘n gebrek aan wonders nie, maar aan verwondering.’ Indien die aarde so klein soos die maan was, sou sy swaartekrag nie aan ons behoeftes kon voldoen nie; as die aarde so groot soos Jupiter was, sou sy geweldige swaartekrag menslike beweging bykans onmoontlik maak. As ons so naby soos Venus aan die son was, sou die hitte ondraaglik wees; as ons so ver soos Mars was, sou die hele planeet elke nag met sneeu en ys bedek word. As die oseane die helfte kleiner was, sou ons net 25 persent van ons huidige reënval kry; as hulle een agste groter was, sou die jaarlikse reënval met 400 persent toeneem, wat die aarde in ‘n yslike onbewoonbare moeras sou verander. Water vries teen 32 grade Fahrenheit.

As die oseane egter aan hierdie wet onderhewig was, sou die ontdooiing in die poolstreke nie in balans wees nie en ons sou almal verys het. Om dit te verhoed, het God sout in seewater geplaas om die vriespunt daarvan te verander. Die Psalmdigter skryf: ‘Here, hoe baie is u werke! U het alles met wysheid gemaak… Lewenslank sal ek die Here besing…’ (Psalm 104:24-33 NLV). As God se werke jou nie aanspoor om Hom te prys en beter te wil leer ken nie, wat sal? John Stott het gesê: ‘Ons grootste aanspraak op edelheid is ons kapasiteit om God te ken, om in ‘n persoonlike verhouding met Hom te wees, om Hom lief te hê en te aanbid. Ons is waarlik mens wanneer ons op ons knieë voor ons Skepper is.’

Bron : Radiokansel

Scroll to Top