
Toe, terwyl ek die gemors van naderby bekyk, sien ek ‘n klein papiertjie in ‘n kinderhandskriffie op die tafel, besmeer met sjokolade-vingermerke. Die boodskap was kort – ‘Ek maak iets vir jou, Pappa’ – geteken: ‘jou engel.’ Te midde van daardie wanorde, en ten spyte van my irritasie, was my hart meteens vol soet en suiwer vreugde. My aandag is van die probleem herlei na die klein dogtertjie vir wie ek so lief is.
Met haar wese in daardie klein notatjie in my hand, het ek my net in haar verheug. Haar eenvoudige goedheid so skerp uitgelig, het ek net plesier geput uit haar werk in daardie situasie wat andersins so rampspoedig sou gelyk het.’
In die gelykenis van die talente, het Jesus uitgewys hoe die twee slawe wat dit waarmee hul toevertrou was, belê en vermeerder het, die Meester se hoogste aanprysing gekry het: ‘Mooi so! Jy is ‘n goeie en getroue slaaf.’ In teenstelling hiermee, het die slaaf wat sy talent begrawe het omdat hy bang was dit raak verlore, die Meester se hardste veroordeling op die lyf geloop: ‘…Jy is ‘n slegte en lui slaaf…’ (v. 26 NV).
Aanprysing of veroordeling: watter een sal jy kry? God sê nie: ‘As jy dit nie reg kan doen nie, moet dit dan glad nie doen nie.’ Nee, Hy is bly as jy probeer, foute maak, daaruit leer en groei. Dus, hou aan probeer!
Born : Radio Kansel



