
(1) Moenie wegstuur van mense met meer ervaring en kennis as jy nie. Petrus skryf: “God het aan elkeen van julle ‘n genadegawe gegee… Met hierdie gawes moet julle mekaar dien…” (1 Pet 4:10 NLV) Ons sukkel almal in sekere areas; maak seker dat jou onsekerheid nie misreken word vir arrogansie nie.
(2) Moenie mense probeer beïndruk deur hul intellektuele gelyke te probeer wees nie. As jy geïntimideerd voel in ‘n gesprek, luister aandagtig en vra vrae, praat net oor dit waarvan jy kennis dra, en luister aandagtig na die res. Volgende keer sal jy soveel meer weet.
(3) Moenie vir klas opdaag as jou huiswerk nie gedoen is nie. Wanneer God jou in ‘n rigting lei, berei jouself voor. Neem ‘n vriend in jou vertroue wat verstaan waar jy jou tans bevind en waarheen jy oppad is. As jy nie so iemand het nie, lees oor die onderwerp totdat jy die basiese begrippe onder die knie het. Salomo sê: “‘n Koning het vreugde in bedrewe amptenare.” Hoe beter jy jouself voorberei, hoe meer geleenthede sal God oor jou pad bring.
Kopiereg 2009 Radiokansel




