William Arthur Ward het geskryf: ‘Glo terwyl ander twyfel. Beplan terwyl ander speel. Besluit terwyl ander vertraag. Berei voor terwyl ander dagdroom. Begin terwyl ander uitstel. Werk terwyl ander wens. Spaar terwyl ander mors. Luister terwyl ander praat. Glimlag terwyl ander frons. Volhard terwyl ander opgee.’
Om in die lewe te wen, het jy drie dinge nodig: 1) Jy moet begin. Dis voor-die-handliggend, maar baie bly in die wegspringblokke en wag vir ‘n afsitter. Hoe het God jou geroep en toegerus om te doen? Kom doen dit; Hy sal jou bemagtig!
2) Jy moet dit jou alles gee. Olimpiese duikers gaan nie voluit vir hul laaste duik nie. Hulle konsentreer daarop om elke duik te wen, om sodoende hul kanse op ‘n goue medalje te vergroot. Moenie in enige stadium met middelmatigheid tevrede wees nie (Filippense 3:14 NV). 3)
Jy moet nooit opgee nie. In die 1992 Olimpiese Spele het Brittanje se Derek Redmond aan die 400m wedlope deelgeneem toe hy ‘n dyspier skeur en val. Terwyl die ander atlete hom verbygaan, begin hy sukkelend opstaan. Sy pa, gesig vol trane, het van die pawiljoen af gehardloop om hom op te help. Stadig, pynlik, het hulle om die baan gesukkel en die wenstreep oorgesteek. Die skare in Barcelona se stadium het in dawerende applous uitgebars. Redmond het nie ‘n medalje verower nie, maar iets belangriker gewen – die wêreld se respek. Die Bybel sê: ‘Hardloop dan so dat julle die prys kan wen.’
Bron : Radiokansel