
Dawid kom toe op met plan A, B en C om sy sonde te verbloem.
Plan A – was om Batseba se man, Urija, huis toe te bring van die oorlogsveld af om die nag by sy vrou deur te bring, sodat dit sou lyk asof die baba Urija s’n is. Maar dit het nie gewerk nie.
Plan B – om Urija dronk te maak en hom dan huis toe te stuur – het ook nie gewerk nie.
Plan C – was die moord op Urija. Hierdie plan het wel gewerk.
“Maar ek sal nooit so ver gaan nie”, mag jy sê, maar jy sal verbaas wees waartoe jy instaat is in ‘n oomblik van swakheid! Die hitte van seks is bedoel vir die huweliksvuur. Daarbuite, gaan iemand brand. Die les is eenvoudig: “…as julle dink julle staan sterk, moet julle oppas dat julle nie ook tot ‘n val kom nie” (1 Korintiërs 10:12 NLV).
Bron : Radiokansel



