Dink na oor wat jy dink (1)

cooling0608

cooling0608Nick was ‘n spoorwegwerker, ‘n tawwe kalant. Een aand nadat al sy kollegas reeds huis toe is, het hy hom per ongeluk in ‘n koeltrok toegesluit. Hy was bang dat hy sou verkluim en het vergeefs om hulp geskreeu. Hoe langer hy aan sy situasie gedink het, hoe kouer het hy gevoel totdat hy uiteindelik onbedaarlik begin bewe het.

Oortuig dat hy sou sterf, het hy ‘n brief aan sy gesin geskryf om te verduidelik wat gebeur het. Nick se liggaam is die volgende oggend gevind. Die lykskouing het bevind dat hy inderdaad verkluim het. Tog was daar iets vreemd: die treintrok waarin Nick vasgevang was, was stukkend en dus ontkoppel. Die nag wat Nick gesterf het was die temperatuur in die trok 16.1 grade, net onder kamertemperatuur. Nick het egter geglo hy sou sterf en sy psige het die stryd gewonne gegee.

Wat jou mening oor jou lewe is, is veel belangriker as wat enigiemand anders daarvan dink. Job het gesê, ‘Dit waarvoor ek gevrees het, het oor my gekom.’ Wees versigtig in jou verwagtinge; negatiewe verwagtinge word dikwels selfvervullende profesieë. God het belowe om jou te help, maar jy het nog steeds die beslissende stem. Wanneer jy op die negatiewe fokus, stem jy toe dat Satan jou verslaan. Jesus het gesê, ‘…”Soos julle geglo het, sal dit vir julle gebeur.”‘ (Matteus 9:29). Die 1983-Vertaling lui: ‘…”Laat dit vir julle wees volgens julle geloof”…’ Sorg dus dat jy by die bepalings van God se Woord hou en op Sy beloftes, in plaas daarvan om op jou probleme te konsentreer. As jy dit regkry, sal jou geloof jou na nuwe geestelike hoogtes voer. Jy moet egter die eerste tree gee!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top