
“Die mens wat wysheid kry is gelukkig. Dit gaan goed met die mens wat insig kry” (Spr 3:13 NLV). Ons moet voortbou op ons kennis en nooit ophou vra, “Is daar ‘n beter manier om dinge te doen?” nie. Wenners word nie gerus omdat hulle voor hul mededingers is nie. Nee, hulle gaan met volle spoed tot by die wenpaal.
Die Ierse sanger, Bono, het gesê: “Ek sou vreesbevange gewees het om as solosanger op te tree. Ek omring myself met ‘n groep, my vurige kinders en my vrou wat slimmer is as enigeen want jy kan net regtig goed doen as jy omring is deur goeie mense. Ek dink die rede hoekom ons groep nog nie uitmekaar is nie, is die volgende: Ek is net een kwart van U2, maar ek is nou meer as wat ek sou gewees het as ek 100% van enigiets anders was.” Salomo het dit soos volg gestel: “Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar” (Spr 27:17 NLV).
©radiokansel.co.za



