‘n Belangrike aspek van spanbou is om ontvanklik te wees vir verskillende idees. Een van die grootste gevare van ouer (en meer suksesvol) word is dat ons denke kan stagneer. Om suksesvol te bly, moet jy ‘n omgewing skep waar inligting, idees en kreatiewe denke vryelik bespreek word. As die mens nooit toegelaat was om nuwe dinge te probeer nie, sou ons vandag nog in perdekarre gery het, by kerslig gelees het en veel vroeër gesterf het van geneesbare siektes. Daar word gesê dat kennis elke vyf tot tien jaar verdubbel. Dit wys jou net hoeveel ons nie geweet het nie -toe ons gedink het ons weet wel alles.
“Die mens wat wysheid kry is gelukkig. Dit gaan goed met die mens wat insig kry” (Spr 3:13 NLV). Ons moet voortbou op ons kennis en nooit ophou vra, “Is daar ‘n beter manier om dinge te doen?” nie. Wenners word nie gerus omdat hulle voor hul mededingers is nie. Nee, hulle gaan met volle spoed tot by die wenpaal.
Die Ierse sanger, Bono, het gesê: “Ek sou vreesbevange gewees het om as solosanger op te tree. Ek omring myself met ‘n groep, my vurige kinders en my vrou wat slimmer is as enigeen want jy kan net regtig goed doen as jy omring is deur goeie mense. Ek dink die rede hoekom ons groep nog nie uitmekaar is nie, is die volgende: Ek is net een kwart van U2, maar ek is nou meer as wat ek sou gewees het as ek 100% van enigiets anders was.” Salomo het dit soos volg gestel: “Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar” (Spr 27:17 NLV).
©radiokansel.co.za