Vergifnis maak jou vry

forgiveness2303

forgiveness2303Jou mag oor iemand wat jou leed aangedoen het, is die mag van vergifnis. Vergewe maak albei partye vry van die negatiewe band. So lank as wat jy weier om te vergewe, so lank sal jy die skuldige met jou saamsleep, of soos ‘n albatros om jou nek dra. Jesus sê, ‘”Kom betyds tot ‘n skikking…”‘ want vinnige genesing is die beste genesing.

Bitterheid veroorsaak veel meer skade aan die persoon wat dit dra, as die een teen wie dit gemik is. ‘n Voortdurende stryd om jou ‘regte’ is ‘n geen-wen situasie en ‘n bron van depressie. Dink: is jy ooit te nagekom? Was daar gevalle waar jy nie alles gekry het wat jy verdien het nie? Natuurlik! Ons leef in ‘n nie-perfekte wêreld; ons sal miskien nooit na regte vergoed word nie. Selfs wanneer reg aan jou kant is, sal jy miskien nooit daarin slaag om al die onreg uit te wis nie. Voortdurend veg vir jou regte kan jou wrewelrig maak. Sulke destruktiewe emosies tap jou kragte. Boonop, as jy op jou regte fokus, is jy op die verlede ingestel en sien jy nie die toekoms raak nie. Jy kan nie vorentoe, as jy blý agtertoe kyk nie! Jy kan slegs vorentoe wanneer jy die verlede aflê, vergewe, en uitsien na die toekoms. Dit beteken natuurlik nie dat jy nie die onreg erken nie; dit beteken wél dat jy kies om te vergewe en kies om te fokus op dít wat jy kan beheer – jou gesindheid en jou optrede. Jou energie verhoog dan, jy bou jou potensiaal en verbeter jou vooruitsigte.

Dit vereer God ook!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top