Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Redder van die mensdom
Hy is in die armste omstandighede gebore, tog het engele gesing. Sy geboorteplek was ‘n stal, tog het ‘n ster belangrike mense uit ‘n verre land gebring om Hom te aanbid. Sy geboorte het lewenswette weerspreek en Sy dood het die wette van die dood weerspreek, tog is daar geen groter wonder as Sy geboorte, Sy lewe, Sy dood, Sy opstanding en Sy lering nie. Hy het nie koringlande of visnette gehad nie, tog het Hy 5 000 mense gevoed en nadat almal versadig was, was daar nog baie brood en vis oor.
Tog is Hy twee duisend jaar later die sentrale figuur in die geskiedenis, die fokus van alle prediking, die spilpunt waarom die eeue draai en die enigste Redder van die mensdom. Laat ons saam met die wyse manne uit die Ooste ‘…[neer]val voor Hom en [Hom] aanbid …'(Matteus 2:11 NLV). Christus is ons enigste Redder!