In die tuig met Jesus




Untitled Document

imageOns vind dit maklik om op God vir ons gesondheid te vertrou, maar ons lê nagte wakker en bekommer oor ons finansies. Of ons vertrou ons finansies aan Hom toe, maar stap dan ons eie pad. Jesus sê, ‘Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My.’ Wat moet ons leer? Leer dat wanneer jy jou las wil ligter maak, jy nie meer op jou skouers moet laai nie, maar ‘n vennoot moet kry. Trek in die tuig sáám met die Here en aanvaar Sy leiding. Jy sal versterk word as jy met God saamwerk.

Richard Mylander skryf: ‘Ek het eendag, op pad na ‘n konferensie in Colorado, met die snelweg gery. Die pad was baie steil. Die treinspore het parallel met die snelweg geloop. Teen ‘n baie steil bult het ek by ‘n lang trein, wat baie stadiger as ek in dieselfde rigting gery het, verbygery. Ek was verstom om te sien dat die trein, klaarblyklik met groot moeite, deur twee lokomotiewe gestoot en deur vyf getrek word. Dus altesaam sewe lokomotiewe! In die Middeweste, waar ek vandaan kom, het ek nooit meer as twee, of op die uiterste, drie lokomotiewe gesien nie. Daardie trein was vir my ‘n groot les. Ek was die afgelope tyd onder kwaai druk. Ek was moeg en het gevoel dat ek sou ingee onder die druk. Dis net soos God is, het ek gedink. Wanneer ek met al my krag teen die heuwel opbeur en voel dat my kragte gaan ingee, wil God hê dat ek moet besef Hy is voor – besig om te trek met veel groter krag as myne.’

Bron : Radiokansel

 


Scroll to Top