Die belangrikheid van ‘n gewoonte

habits

habitsDie stigter van een van die wêreld se mees suksesvolle maatskappye het gesê: “Die persoon wat bo wil uitkom, moet die mag en krag van gewoonte waardeer. Hy moet vinnig wees om die gewoontes te breek wat hom kan breek, en gou daardie praktyke aanneem wat die gewoontes sal word wat hom sal help om sukses te bereik.” ‘n Droom word ‘n werklikheid danksy jou optrede, en jou optrede word hoofsaaklik deur jou gewoontes beheer. Die spreker en skrywer Robert Ringer sê: “Die wêreld is vol intelligente, hoogs opgeleide, uiters bekwame mense wat frustrasie ervaar as gevolg van hul gebrek aan sukses. Miljoene ander mense werk hard vir lang ure, net om sonder ‘n sent te sterf.” Wat is die oplossing?

Ringer sê: “Die lewe is niks meer as die somtotaal van baie suksesvolle jare nie; ‘n suksesvolle jaar is niks meer as die somtotaal van baie suksesvolle maande nie; ‘n suksesvolle maand is niks meer as die somtotaal van baie suksesvolle weke nie; ‘n suksesvolle week is niks meer as die somtotaal van baie suksesvolle dae nie. Dis waarom suksesvolle gewoontes die sekerste manier is om oor die langtermyn te wen.” Jy moet realisties na jouself kyk om te weet waarheen jou gewoontes jou neem.

As jou gewoontes nie met jou droom ooreenstem nie, moet jy of jou gewoontes, of jou droom verander. As jy aan jou droom wil vashou, wees bereid om jou gewoontes te verander.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top