
Jy kan nie jou toekoms aangryp as jy aanhou tob oor jou verlede nie. Leer om jou verlede agter jou te sit. Luister na die raad van Susan Scott: “My hond en my kat het aan my ‘n groot lewensles geleer – leer om heeltyd af te gooi!” Niemand is van kleins af goed met alles nie. As jy iets nuut aanpak, beteken dit gewoonlik dat jy gaan moet leer deur te probeer en te fouteer. Toe Charles Darrow getrou het, het hy aan sy vrou belowe dat hulle miljoenêrs sal word. Maar die Groot Depressie het gekom en hy het alles verloor. Darrow wou sy droom opgee, maar sy vrou het hom gemotiveer om aan te hou droom. Op ‘n dag het hy die idee gehad om “denkbeeldige geld” te gebruik om “denkbeeldige eiendomme” mee te koop. Hy het hierdie idee omskep in ‘n bordspel met klein huisies en hotelletjies. Dit word Monopoly genoem en Parker Brothers het dit by Darrow gekoop vir – raai bietjie hoeveel – een miljoen dollar!
Onthou, wanneer jy op die regte spoor is en weier om op te gee, kan God iets wonderlik deur jou doen. Hou aan en moenie terugkyk nie.
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)


