Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Jou geloof kry God se aandag
Die Bybel sê: “Onder hulle was ? vrou wat al 12 jaar aan bloedvloeiing gely het, sy het alles wat sy gehad het aan dokters uitgegee, maar niemand kon haar gesond maak nie. Sy het nader gekom en van agter af aan die soom van sy klere geraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou. Jesus vra toe: ‘Wie het My aangeraak?’ Toe almal ontken dat dit hulle is, sê Petrus, ‘Here, die mense dring tog rondom U saam en druk teen U.’ Maar Jesus sê, ‘Iemand het My aangeraak; want Ek het agtergekom dat daar krag van My uitgegaan het.’ Toe die vrou sien Hy weet dit is sy, het sy van angs gebewe en voor Hom kom neerval. Daar voor al die mense vertel sy Hom toe waarom sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het. Toe sê Hy, ‘Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede,'” (Luk. 8:43-48, NAV).
Let op drie belangrike elemente van hierdie storie:
(1) Sy het iets gedoen wat sy nog nooit vantevore gedoen het nie. Sy het besluit om Jesus te nader. ‘n Wyse besluit! Geloof beteken om die onbekende en ongetoetste areas te betree, om uit te vind dat God se genade op onverwagte maniere werk.
(2) Sy het haar oomblik herken. Sy het geweet dat Jesus haar dorp besoek en dalk nie weer sal kom nie. Daar is ‘Godsmomente’ in die lewe wanneer jy jou angs moet oorkom en in geloof vorentoe beweeg. As jy dit nie doen nie, gaan jy hulle mis.
(3) Sy het die deur vir ander oopgemaak. Tot op daardie oomblik is niemand in die Skrif genees deur aan Jesus se kleed te raak nie. Haar geloofsdaad het dus die deur vir ander geopen. “Die mense het almal wat ongesteld was, na Hom toe gebring. Hulle het Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak. En almal wat dit gedoen het, het gesond geword,” (Matt. 14:35-36, NAV). God soek na mense wat bereid is om met tradisie te breek. Wanneer Hy hulle kry, gebruik Hy hulle om deure en nuwe dimensies van sy krag te open, sodat ander geseën kan word en heelgemaak kan word.