Genade

2012-10-21 205500

2012-10-21 205500God se genade is vir ons gratis en duidelik, sonder enige voorwaardes. Trouens, Hy is meer verdraagsaam en minder veroordelend as baie van ons. Ons was dit nie waardig nie en het dit nie verdien nie, maar omdat ons aan Christus behoort, ‘het ons almal uit Sy oorvloed ontvang…een genade na die ander… geestelike seëninge op geestelike seëninge …guns op guns en gawe [gestapel] op gawe.’

Richard J. Neuhaus het gesê, ‘Die moralisasie en wettiging van die Evangelie van God se genade is ‘n vervelige dwaalleer wat gesmous word aan teleurgestelde mense wat kwaad is omdat hulle nie gekry het wat hulle g’n rede gehad om te verwag nie.’

As jy die konsep van genade werklik begryp:

1) Kry jy ‘n nuwe waardering van God se gawes aan jou – dinge soos redding en vergifnis, die gawe van lewe, gesondheid, lag, musiek, skoonheid en vriendskap.

2) Is jy minder krities en minder behep met wat ander mense doen. Het jy al die gesegde gehoor, ‘Ek is gemaklik met myself. Ek het nie nodig om jou verkeerd te maak nie?’ As jy werk in die vryheid wat saam met genade kom, is jy gemaklik daarmee om ander hul eie koers te laat neem en besluite te neem wat jy nie noodwendig sal maak nie.

3) Raak jy meer verdraagsaam en minder veroordelend. In plaas van te fokus op voorkoms gebaseer op godsdienstige nakoming, soek jy egtheid en ‘n ware liefde vir God.

4) Groei jy geestelik. Dawid het gesê, ‘Hy bring my na ‘n plek waar ek vry is…’ (Psalm 18:20). Genade verbreed jou horisonne sodat jy nooit weer kan teruggaan na waar jy vroeër was nie.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top