Die toestand van jou hart

heart

heart‘n Hartsiekte sal tot jou dood lei as jy dit nie betyds ontdek en behandel nie. Dit is waar op ‘n fisiese en geestelike vlak.

Dis hoekom die Bybel sê: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” Dis prysenswaardig om op jou beste te wil lyk. Dit kan jou sin van eiewaarde verhoog en jou vooruitsigte in die lewe verbeter. Maar jy sal ‘n groot fout maak as jy so behep is met jou voorkoms dat jy jou karakter afskeep. “Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.” (1 Sam 16:7 NV).

Dis waar die Bybel ‘n rol in jou lewe speel. Dis soos ‘n spieël wat jou wys wat die toestand van jou hart is. Hoe gaan dit vandag met jou hart? Met watter soort gedagtes is jy besig? Jesus sê: “Geseënd is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.” (Matt 5:8 NV). Met ander woorde, wanneer jy dinge op God se manier begin sien, sal jy daarvolgens begin optree. As die water in die put besoedel is, sal dit jou siek maak. As jy genoeg daarvan drink, kan dit jou selfs doodmaak. Wat is die punt?

Dis nie genoeg om bloot jou slegte gewoontes te probeer verander nie; jy moet by die hart van die probleem uitkom – die probleem van jou hart!

Die Psalmskrywer het dit besef toe hy geskryf het: “Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.” (Ps 51:12 NV).

‘n Voorspoedige lewe volg ‘n hart wat reg ingesteld is.

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)

Scroll to Top