
Let op, hulle moes die veiligheid van die bekende los om hulle lotsbestemming te volvoer. En as jy dalk gedink het jy is te oud om iets nuuts aan te pak; Abraham was vyf-en-sewentig toe hy die gemak van sy huis verlaat het om ‘n nuwe volk te gaan vestig. Jou ouderdom is nie die kwessie nie, jou geloof is. Verstaan mooi: vandag is jy net een tree van gehoorsaamheid weg van die volgende waarheid wat God vir jou oor Hom wil leer. Jy kan dus nie bekostig om te bly waar jy is nie. Ons het almal die geneigdheid om vas te klou aan die ‘ware en beproefde.’ Die moeilikheid is dat as jy nie meer gerek word nie, krimp jy. Jy raak selftevrede, jy dink jy kan alles op jou eie hanteer, en jy hou op groei. Dis nie goed nie. As jy vandag in jou gemoed rusteloos begin raak en besef God het meer vir jou as waarin jy ingeburger geraak het, is dit tyd om jou vrese te konfronteer, daardeur te breek en saam met Hom op ‘n nuwe ervaring uit te vaar.
Bron : Radiokansel



